Aromaterapie
Aromaterapie is 'n alternatiewe of komplimentêre holistiese vakgebied waar essensiële olies gebruik word om ons hele stelsel te ondersteun.
Die limbiese brein en aromaterapie.
Die limbiese brein stoor insette wat deur ons vyf sintuie na ons toe kom. Reuke, klanke, teksture en smake word deel van ons geheue oor mense, plekke en insidente in ons lewe.
Essensiële olies kan gebruik word om ons te ondersteun wanneer ons besig is om emosies te verwerk.
Hoe bereik die olies hierdie deel van die brein ?
Essensiële oliemolekules is baie klein en lig, en bereik die limbiese brein (waar emosionele prosesse plaasvind) deur middel van die olfaktoriese of reukstelsel.
Wanneer essensiële olies deur middel van ‘n ‘diffuser’ of ander metodes van inaseming toegedien word, bring dit binne sekondes emosionele verandering in die brein teweeg, en dit het ‘n invloed op hormone soos serotonien, kortisol, adrenalien en baie meer.
Die balans wat so bewerkstellig word, het psigiese en fisiese gevolge wat die liggaam se vermoë om self te genees, aktiveer.
'n Praktiese voorbeeld
Wanneer jy ‘n lemoen eet, verskaf sy unieke samestelling baie meer as vitamien C.
Daar is vesel, reuk, sap en die unieke verbindings in die lemoen wat die vitamien C opneembaar maak. Om ‘n lemoen te eet, doen dus baie meer vir jou as om ‘n vitamienpil te sluk.
Op dieselfde manier is die uiters komplekse samestelling van ‘n essensiële olie soos roos-olie, verantwoordelik vir ‘n baie groter effek op jou liggaam, verstand en gees as om ‘n chemiese middel te neem om depressie te verlig. Wanneer olies gekombineer word, veroorsaak dit nuwe komplekse samestellings wat komplekse ondersteunende hulp ten opsigte van emosionele balans verleen.
Wat kan deur aromaterapie behandel word?
Aromaterapie word alleenstaande of aanvullend tot die behandeling van amper enige toestand gebruik. Rumatiek, depressie, die rouproses, spysvertering, spanning, konsentrasievermoë, en pyn is maar enkele voorbeelde.
Aromaterapie en holistiese gesondheid.
Aromaterapie val onder die alternatiewe of aanvullende/komplimentêre/holistiese geneeskunde.
Kenmerke van komplimentêre en holistiese geneeskunde.
‘n Holistiese benadering beteken dat die terapeut en die kliënt die liggaam, verstand en gees van die pasiënt as gelykwaardig beskou. Hierdie drie moet gesond en in balans wees om optimale gesondheid te geniet.
Maak ‘n afspraak indien jy vir jouself nuwe deure tot holistiese gesondheid wil oopmaak.