Wat is aromaterapie?
Carina Falck
Aromaterapie.
Aromaterapie is ’n vorm van genesing waar essensiële olies van sekere plante gebruik word om die balans tussen liggaam, siel en gees te herstel, sodat die liggaam se inherente vermoë om homself te genees, ondersteun kan word.
Hoe aromaterapie werk.
Dit is algemeen bekend dat jou gedagtewêreld en jou geestesgesondheid jou liggaamlike gesondheid beïnvloed. Aromaterapie beïnvloed die gesondheid van jou denkwêreld, omdat essensiële oliemolekules die limbiese brein waar emosie, leer en geheue plaasvind bereik.
​
Hoe bereik die olies hierdie deel van die brein ?
Essensiële oliemolekules is baie klein en lig, en bereik die limbiese brein (waar emosionele prosesse plaasvind) deur middel van die olfaktoriese of reukstelsel.
Wanneer essensiële olies deur middel van ‘n ‘diffuser’ of ander metodes van inaseming toegedien word, bring dit binne sekondes emosionele verandering in die brein teweeg, en dit het ‘n invloed op hormone soos serotonien, kortisol, adrenalien en baie meer.
Die balans wat so bewerkstellig word, het psigiese en fisiese gevolge wat die liggaam se vermoë om self te genees, aktiveer.
Die wonderwerk.
Wanneer jy ‘n lemoen eet, verskaf sy unieke samestelling baie meer as vitamien C.
Daar is vesel, die reuk, die sap, die unieke verbindings in die lemoen wat die vitamien C opneembaar maak en baie meer. Om ‘n lemoen te eet, doen dus baie meer vir jou as om ‘n vitamienpil te sluk.
Op dieselfde manier is die uiters komplekse samestelling van ‘n essensiële olie soos roos-olie, verantwoordelik vir ‘n baie groter effek op jou liggaam, verstand en gees as om ‘n chemiese middel te neem om depressie te verlig. Wanneer olies gekombineer word, veroorsaak dit weer ‘n hele nuwe komplekse samestelling wat tot ander dele van jou brein spreek, dit aanraak en balanseer.
Hierdie opwindende wêreld is aan jou vingerpunte wanneer jy aromaterapie deel van jou daaglikse lewe word.
Wat kan deur aromaterapie behandel word?
Aromaterapie word alleenstaande of aanvullend tot die behandeling van amper enige mediese toestand gebruik. Rumatiek, depressie, die rouproses, spysvertering, spanning, konsentrasievermoë, en pyn is maar enkele voorbeelde.
​
Aromaterapie en holistiese gesondheid.
Aromaterapie val onder die alternatiewe of aanvullende/komplimentêre/holistiese geneeskunde.
Kenmerke van komplimentêre en holistiese geneeskunde.
‘n Holistiese benadering beteken dat die terapeut en die kliënt die liggaam, verstand en gees van die pasiënt as gelykwaardig beskou. Hierdie drie moet gesond en in balans wees om optimale gesondheid te geniet.
Maak ‘n afspraak indien jy vir jouself nuwe deure tot holistiese gesondheid wil oopmaak.