
Meer sensitiewe reuksintuig
Diere en essensiële olies is 'n moeilike onderwerp.
Diere se reuksintuig is baie meer sensitief as ons s’n en daarom moet die gebruik van olies beperk en beheer word. Sommige olies word as giftig vir diere beskou.
Hou die area geventileer
Maak seker dat die area goed geventileer is, en dat die diere maklik kan uitgaan as hulle nie van die reuk hou nie.
Wanneer om op te tree
As daar ooit 'n negatiewe reaksie of ongewone gedrag van die troeteldier is, moet jy dadelik ophou gebruik. Net soos by mense, kan diere verskillend op 'n spesifieke olie reageer.
Grootte
Diere ook baie kleiner as ons. – Medikasie vir kinder word dikwels per liggaamsgewig uitgewerk, en diere is baie ligter as ons. Hulle sal nie dieselfde dosisse as y kan hanteer nie.
Ek beveel aan dat jy 'n paar artikels op die internet naslaan, en/of jou veearts raadpleeg as jy twyfel.
Die volgende olies is nie goed vir die onderskeie diere nie.
Nie vir honde nie Kaneel, Sitrusolies, Peperment, Denne, Teeboom, Wintergroen, Ylang ilang, Naeltjie, Tiemie, Juniperbessie.
Nie vir katte nie Wintergroen, Sitrusolies, Denne, Ylang ilang, Peperment, Kaneel, Naeltjie, Bloekom, Teeboom, Tiemie en Laventel.
Nie vir voëls nie Vermy die verspreiding van olies in dieselfde spasie as waar jou voëls is. Hulle het uiters sensitiewe lugweë.
Kontak: Carina Falck 060 526 1422 falckcarina@gmail.com https://www.mirrekaneel.com/
Vrywaring
Die gebruik van essensiële olies moet verantwoordelik gedoen word en vervang geen mediese behandeling nie. Dit word op eie risiko gebruik.
Vriendelike groete
Carina Falck
Aromaterapeut
Comments