top of page
Carina Falck

Essensiële olies vir menopouse.

Menopouse  - dit is  ingrypend! Kan iemand asseblief ingryp?

Essensiële olies kan help...



Algemene inligting.

Daar is besonder baie inligting op die internet oor menopouse beskikbaar, omdat die onderwerp  baie kompleks is.

Die veranderinge wat vroue tydens peri-menopouse en menopouse beleef, is lewensveranderend.

Baie menopousale episodes is so sigbaar na buite, dat dit werklik ‘n tyd is waartydens vroue eerder wil terugtrek as om normaalweg met hulle lewens te probeer aangaan.


Algemeenste klagtes:

·      Gewigstoename.

·      Skommelende emosies.

·      Gebrek aan seksuele belangstelling.

·      Fisiese ongemak tydens seksuele omgang.

·      Warm gloede.

·      Nag-en dagsweet episodes.

 

Regtig moeilik:

Alhoewel die emosionele simptome erg is, is dit fisiese simptome wat ons in die openbaar oorval. Die volgende maak menopouse baie ingrypend:

·      Die simptome kan moeilik weggesteek word.

·      Jy voel nie baie fyn en vroulik nie.

·      Jy voel nie in beheer van jou liggaam nie.

·    Dit is baie ontstellend as mense grappies, onsimpatieke en persoonlike opmerkings maak.


Gelukkig is daar heelwat waarmee essensiële olies kan help.

Hier volg ‘n omvattende lys van olies wat gebruik kan word. (Hierdie olies is geskik vir peri-menopousale, menopousale, en post-menopousale vroue).

Clary Sage (Salvia sclarea)

Malva (Rose geranium)

Roos (Rose maroc)

Jasmyn        

Bergamot

Koljandersaad

Neutmuskaat

Kamille (Roman chamomille)

Sipres

Monnikspeper (Chaste berry)

Roosmaryn

Salie (Sage, Greek Salvia fruticosa/triloba)

Valeriaan

Nardus

Sandelhout

Laventel

Jenewerbessie

Lemoen

Pepperment

Salie (Salvia officinalis) (gebruik op die aanbeveling van ‘n aromaterapeut).


Hier is die olies volgens individuele simptome gegroepeer:

Warm gloede:

Sipres, malva, kamille (Roman Chamomile), salie (clary sage), monnikspeper (chaste berry), pepperment, niaouli, roosmaryn, palmarosa.


Vogretensie:

jenewerbessie, sederhout, sipres, roosmaryn, suurlemoen, lemoen, koljandersaad.

 

Uitputting:

Basiliekruid, bergamot, kardamom, malva, pomelo, roosmaryn, frankincense, bloekom,  petitgrain, ilang ilang.


Depressie:

Bergamot, kamille (chamomile roman), salie (clary sage), roos, frankincense, neroli, laventel, ilang ilang.

 

Pyn:

Swart peper, kardamom, sipres, gemmer, marjolein,

sewejaartjie.


Angstigheid, verlies aan konsentrasie: Kardamom, sederhout, suurlemoen, roosmaryn, pepperment, laventel, vetiver, mandaryn, petitgrain, neroli. 

 

Spysverteringsprobleme:

Duitse kamille, kardamom. Pepperment, lemmetjie, koljandersaad, groenment (spearmint), basiliekruid, bergamot.


Slapeloosheid:

valeriaan, nardus, vetiver,

marjolein, laventel, kamille,  cistus (rock rose), mandaryn, lemoen, petitgrain.


‘n Paar mengsels:

Warmgloede:

Pepperment 2 druppels

Sipres 2 druppels

Clary sage 10 druppels

Groenment (Spearmint) 4 druppels

Malva (Rose geranium) 6 druppels

Suurlemoen 6 druppels

 

Meng al hierdie olies en gebruik 3-5 druppels in 5ml draer-olie soos benodig.

Wend aan oor die laer rug en abdomen (laer maaggedeelte), so dikwels as jy dit nodig het.

 

Dag- en nagsweet:

Pomelo 10 druppels

Lemmetjie 10 druppels

Pepperment 2 druppels

Tiemie 5 druppels

 

Meng al hierdie olies en gebruik 3-5 druppels in 5ml draer-olie soos benodig.

Wend aan oor die laer rug en abdomen (laer maaggedeelte), so dikwels as jy dit nodig het.

 

Vogretensie en swelling

Koljandersaad 5 druppels

Jenewerbessie 5 druppels

Suurlemoen 15 druppels

Pepperment 5 druppels

 

Meng al hierdie olies en gebruik 3-5 druppels in 5ml draer-olie soos benodig.

Wend aan oor die laer rug en abdomen (laer maaggedeelte), en die bo-bene so dikwels as jy dit nodig het.

Daar is natuurlik meer kombinasies vir jou spesifieke behoeftes.

 

Bestel van Mirre & Kaneel.

·     Stuur ‘n WhatsApp met jou behoefte en ek kan vir jou die volgende meng:

·     10ml rollerbotteltjiemengsel @R69 (draer-olie appelkoospit-olie)

·     50ml masseer-olie @ R120 (draer-olie appelkoospit-olie)  

·    10ml suiwer diffusermengsel @ R150 (suiwer essensiële olies – geen draer-olie nie)

10ml bevat tot soveel as 300 druppels – dus ‘n goeie voorraad vir jou diffuser.

 

Hartlike groete

Carina Falck:

Aromaterapeut

 


Bron: Worwood, V. A.

 The complete book of aromatherapy and essential oils.

1991, p. 368-371.

 

Kontak: Carina Falck 060 526 1422

Vrywaring:

Die gebruik van essensiële olies moet verantwoordelik gedoen word, en vervang nie enige mediese behandeling nie. Dit word op eie risiko gebruik.


8 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page