top of page

Frankincense 2

Carina Falck

Updated: 5 days ago

Velsorg, kopsorg, sielsorg.
Velsorg, kopsorg, sielsorg.

Frankincense – soos baie ander olies – het ‘n enorme reikwydte wat gebruike betref.

 

Van velsorg tot breinsorg tot sielsorg – frankincense is ‘n apteek,  ‘n sielkundige en ‘n gebedsvennoot  in ‘n een botteltjie vasgevang.

 

Frankincense vir die liggaam

Die asemhalingstelsel:

In jou diffuser kan frankincense help met asma, bronchitis, en katarale infeksies (infeksies wat besonder baie mukus/slym veroorsaak).

Davis soos aangehaal deur Battaglia, sê dat frankincense ons help om stadiger en dieper asem te haal – ideaal vir mense wat asma kry a.g.v. spanning.

 

Die vel

Frankincense-olie kan baie suksesvol saam met Super Aloe Gel gebruik word om pigmentasie donker vlekke) te verbeter. Sit die gewone hoeveelheid Super Aloe Gel in jou hand, en voeg 1 druppel frankincense daarby. Frankincense word spesifiek vir volwasse velle en baie droë vel aanbeveel.

Frankincense bevorder die vorming van wondweefsel. Dit is die velweefsel wat vorm om beskadigde vel te herstel. Beide Super Aloe Gel en Frankincense ondersteun die vorming van kollageen – die komponent wat jou vel stewig hou.

Die olie bevorder die groei van nuwe vel, verhoed die degenerasie van weefsel en bevorder die genesing van wonde.

Dit word suksesvol gebruik, veral saam met Super Aloe Gel, vir droë volwasse vel, letsels, wonde en plooie.   

 

Frankincense vir die denkprosesse

Frankincense  verbeter angstigheid, senuspanning, en stress-verwante toestande.

Stress as gevolg van onderdrukte en opgehoopte emosies gaan gewoonlik met irritasie, rusteloosheid en slapeloosheid gepaard.

Gebruik 3-5 druppels frankincense in jou diffuser om emosies te stabiliseer.

 

Frankincense vir geestelike praktyke

Frankincense in jou diffuser waar jy bid en jou lewe bedink, help jou om tot rus te kom, ooraktiewe gedagtes stil te maak, en ou belewenisse en emosies wat jou groei belemmer, te laat gaan.

 

Persoonlikheidsprofiel vir frankincense-olie

Mense wat intuïtief van frankincense hou, straal dikwels die indruk van geheimsinnigheid en misterie uit. Hulle toon volwassenheid, selfvertroue en doeltreffendheid.

Alhoewel hulle nie noodwendig godsdienstig in die tradisionele sin van die woord is nie, het hulle dikwels 'n innige liefde vir God.

Hulle is gewoonlik goeie kommunikeerders en is warm, vriendelik en liefdevol. Frankincense-aanhangers is ook sensitief vir atmosfeer en gesindhede tussen mense en in ruimtes soos huise en vertrekke.

 

Algemene vrae:

1. Kan ek frankincense skoon op my vel gebruik?

Ja, dit is baie veilig. Maar onthou ons vorige artikel waar ons daarop gewys het dat dit 1kg hars (gom) neem om 45ml olie te verkry. Die olie is dus baie gekonsentreerd.

2. Hoeveel moet ek gebruik?

Frankincensebome is oral waar hulle voorkom, onder baie druk en in sommige areas kan die oorbenutting van bome hulle kan laat uitsterf.

Help dié bome oorleef deur eerder een druppel in Super Aloe Gel, of 2 druppels saam met ‘n draer-olie te gebruik

Diffusers:           3 – 5 druppels

Super Aloe Gel:      1 druppel 

Draer-olie:           2 – 3 druppels per 10ml olie

 

 

Bronnelys

Battaglia, S.

The complete guide to aromatherapy 2nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003. P 204 - 205

0 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page