top of page
  • Carina Falck

Laventel Essensiële Olie





Laventel/Lavender (Lavendula angustifolia)

Terapeutiese aksies



Pynstillend, anti-depressant, anti-inflammatories, anti-septies, verlewendig en stimuleer, verlaag bloeddruk, kalmerend, herstellend, verlaag angstigheid, verbeter slaap.


Vel

Verlig pyn vir brandwonde en sonbrand, verhoed infeksie en bevorder vinnige genesing. Verligting vir aknee, ekseem, psoriase, pitswere en wonde.


Spier-en Skeletstelsel



Rumatiek, spierpyn.


Senuweestelsel

Bring die senustelsel in harmonie. Verlig onproduktiewe stres.

Kalmerend in tye van emosionele onrus en stres.

Kalmeer gedagtes, troos, verlig vrese.

Opbouend vir dié wat emosioneel uitgeput en depressief is.

Eerste keuse vir slapeloosheid, angstigheid, hoofpyn en migraine.


Asemhalingstelsel

Bronchitis.

Asma wat verband hou met spanning en hoë angsvlakke.


Velsorg


Word baie algemeen in velsorgprodukte gebruik. Goed vir alle veltipes.


Energie

‘Verkoel’ die stelsel in die sin dat dit irritasie, spanning, slapeloosheid, hartkloppings en hoë bloeddruk verlig.


Persoonlikheidsprofiel – wie hou tipies van Laventel ?

Iemand wat vir ander sorg, op fisiese en sielkundige vlak.

Onvermoeid, sag en toegewyd.

Sorg vir alles en almal met eweveel toewyding.


Subtiele energie

Help met nadenke en meditasie.

Help om spiritualiteit in jou alledaagse lewe te integreer.


Veiligheid

Laventel is nie-toksies, nie-irriterend.


Bron: Battaglia, S.

The complete guide to aromatherapy,

2 nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003

pp217 - 219


Kontak: Carina Falck 060 526 1422

Vrywaring

Die gebruik van essensiële olies moet verantwoordelik gedoen word, vervang geen mediese behandeling nie, en word op eie risiko gedoen.







3 views0 comments

Comments


bottom of page