Stil. Sterk. Stabiel.
Twee soorte:
Die twee tipes sederhout-olie wat in aromaterapie gebruik word, is Atlas sederhout en Virginiese sederhout.
Atlas sederhout is vermoedelik afkomstig van die beroemde seders van Libanon, en is 'n tipe den, terwyl Virginiese sederhout 'n sipres is. Die essensiële olie verskil in reuk sowel as chemies.
Atlas sederhout van naderby.
Met die gebruik van essensiële olies kom jy gou agter dat die effek van essensiële op 'n individu meer kompleks is as om net te bepaal watter chemiese komponente die olie bevat.
Dit is omdat die subtiele interaksie tussen elke persoon, sy of haar probleme, die aroma van die olie, en hoe dit ons gevoelens beïnvloed, so belangrik is.
Poëtiese beskrywings:
Ek hou baie van die manier waarop Suzanne Fischer-Rizzi essensiële olies beskryf. Haar insig in die 'siel van die olie' voeg 'n ietsie by haar beskrywings, wat jou regtig help om te verstaan of 'n sekere olie vir jou is of nie. Sy beskryf die seder soos volg:
‘Wat die leeu in die diereryk is, die seder is tussen bome’. Is dit nie aangrypend nie!
Terapeutiese waarde:
Sederhout help jou om 'jou waardigheid te behou', aangesien sederhout help om vrees en senuweeagtigheid te verminder en stabiliseer wanneer jy van balans voel. Aangesien seder ook woede en aggressie te verminder, is dit 'n besondere olie vir daaglikse ondersteuning in enige stresvolle omgewing.
Sederhout ruik heerlik – ook vir mans - en het 'n geur wat geassosieer word met krag, moed en waardigheid wat uit die hart kom en bemoedig. Dit het ook 'n tikkie sensualiteit.
As 'n olie wat 'n gevoel van koudheid verdryf en warmte en harmonie verleen, is seder ook baie nuttig om brongitis te behandel, slym te verdun en urienweginfeksies te behandel.
Sederhout meng goed met:
Roos, bergamot, jasmyn, neroli (lemoenbloeisel), jenewer, suurlemoen, hisop en salie.
Natuurlike affiniteit
Worwood, soos aangehaal deur Battaglia, beskryf diegene wat van nature aangetrokke is tot sederhout, as mense wat lyk of hulle deur die lewe gly, asof hulle koninklikes is. Dit lyk dalk of hulle hoogmoedig is, maar dit is onwaar, want hulle is ’n stil bron van krag in uitdagende tye.
Aanhaling: (Brené Brown TED talks.)
‘The credit goes to the man in the arena’.
As jy nog nie in iemand anders se skoene gestaan het nie, kan jy nie saampraat nie.
Skep moed, en takel die leeu in die arena met Sederhout se kalmte.
Sources:
The complete guide to aromatherapy, 2nd edition.
The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003
P176 -178
Fischer-Rizzi, S.
Complete Aromatherapy Handbook, English Edition 1990.
Sterling publishing Company Inc. New York USA. pp 77-79.
Comments