top of page

Sitroengras Essensiële Olie

  • Carina Falck
  • May 12
  • 2 min read

Updated: May 14

Helder, Lig, en Veerkragtig: 'n Leefstyl van Positiwiteit

Op-en-wakker
Op-en-wakker

 

Sitroengras Essensiële Olie

(Cymbopogon citratus and Cymbopogon flexuosus)

 

Mense vind jou verfrissend en boeiend, jy motiveer ander, jy moedig graag mense aan, en 'n oggendstort is vir jou ononderhandelbaar!

Jy wil praktiese raad hê en konkrete hulp aanbied. En jy is soggens ‘n bietjie stadig uit die blokke ...

 

Jy en Sitroengras is pasmaats!


Agtergrond

Aangesien essensiële olies ons huise in pragtige verpakking bereik, is ons soms onbewus van die mense agter die skerms.

Sitroengras word in Indië, Suid-Afrika en verskeie ander ontwikkelende lande geoes. Dit is arbeidsintensief, en wat ons as 'n relatief goedkoop olie beskou, soos bv. sitroengras, is op 'n manier nie goedkoop gegewe die handearbeid wat betrokke is nie.

Die olie word met stoomdistillasie uit die vars of gedeeltelik gedroogde blare verkry.

 

 

Terapeutiese gebruike van Sitroengras

Emosionele bystand

· Sitroengras word algemeen  in verfrissende stort-en badprodukte gebruik – jy sal ’n magdom opsies op die internet kry.

·  Dié vars skoon reuk het ‘n baie positiewe uitwerking op wakkerheid en  positiwiteit,  konsentrasie, oggend-knorrigheid en vlugvoosheid.

· Dit dien ook as effektiewe tonikum en stimulant.

· Mense wat deur trauma geaffekteer is, benodig dikwels hulp om linkerbreinfunksies soos logiese denke, geheue, redeneervermoë, aandagspan en probleemoplossing te bevorder.

· Volgens Fischer-Rizzi, het sitroengras ‘n intense stralende energie, en stimuleer dit  die linkerbrein.  

 


Sitroengras meng goed met:

Basiliekruid, swartpeper, sederhout, sipres, en malva – almal olies wat fokus en konsentrasie verbeter.

 

Die volgende kombinasie van olies is aangenaam en baie nuttig vir helder denke:

2 druppels basiliekruid

1 druppel swartpeper

3 – 5 druppels sitroengras

 

Gebruik 5-8 druppels van die mengsel in 'n diffuser, of meng op 10ml draer-olie in 'n rollerbotteltjie om die nek, slape, polse, agter die knieë en die agterkant van die hande te masseer. (Dit is net waar die vel dunner is en are nader aan die oppervlak is om die olies warm te maak – geen ander geheimsinnige rede nie!)


Net 'n herinnering dat 'n diffuser verreweg die beste manier is om essensiële olies te gebruik, aangesien die olies deur ons reukstelsel toegang tot die limbiese brein verkry, en so help om  veg-, vlug- en vriesreaksies te reguleer.

 


Bronne:

Battaglia, S.

The complete guide to aromatherapy, 2nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003.

P223-224.

 

Davis, P.

Aromatherapy an A-Z

The C. W. Daniel company limited, Essex, England, 1988.

P204-205.

 

Fischer-Rizzi, S.

Complete aromatherapy handbook

Sterling Publishing Co., Inc. New York, 1989

p.125-127.

 

Ranger, H.

Everybody’s Aromatherapy

Tafelberg Publishers, Cape Town South Africa

P 50.

 

Worwood, V. A.

The complete book of Essential oils and Aromatherapy,

New World Library, Novato, California, 2016,

p.136, 599) 

 

Kind regards

Carina Falck

Disclaimer The use of essential oils must be done responsibly and does not replace any medical treatment. It is used at your own risk.

 

Comments


bottom of page