top of page
Carina Falck

Adaptogene

Aanpasbare essensiële olies

Laventel & pepperment?

Toe ek die eerste keer by iemand hoor dat ‘n mengsel van laventel en pepperment  hoofpyn verlig, was ek ietwat uit die veld geslaan.

Na wat ek verstaan het, is pepperment stimulerend en laventel kalmerend.

 

Dit is toe nie so eenvoudig nie!

Olies soos laventel, pepperment en malva (rose geranium) staan bekend as olies met adaptogeen-eienskappe. Dit beteken dat die olie op die liggaam se behoefte sal reageer en daarby sal aanpas om ‘n toestand van homeostase of balans te bereik.

Dit sal dus kalmeer of stimuleer – n.a.l.v. wat jou stelsel nodig het.

 

Hierdie olies affekteer onder andere die outonome senustelsel – dus die funksies van die liggaam waaraan jy nie bewustelik dink nie.

Voorbeelde is hartklop, asemhaling, spysvertering en die funksie van organe soos die lewer, niere ens.

 

Laventel kan jou bv. kalmeer wanneer jy angstig is en nie kan slaap nie, maar kan jou ook inspireer en motiveer wanneer jy verlam voel van angstigheid.

Pepperment verkoel die vel, maar terselfdertyd verbeter dit bloedsomloop na die brein toe.

 

Die kombinasie van laventel en peppermint verlaag dus spanning, verbeter bloedtoevoer na die  brein en verlig die verlammende gevoel van angstigheid. 

Albei olies is pynstillend – eindresultaat – verlig spanningshoofpyn!


Om te probeer

Spanningshoofpyn

 

Vir jou handsak

6 druppels laventel

3 druppels pepperment

 

Meng op 10ml draer-olie in ‘n rollerbotteltjie en hou in jou handsak vir spanningsvolle dae.

 

Vir die bad

40 druppels laventel

20 druppels pepperment

Meng op 50 ml draer-olie en voeg ‘n bietjie by jou badwater.

Vir ‘n linnesproei:

40 druppels laventel

20 druppels pepperment

5ml alkohol

 

Meng  en voeg by 50ml water in ‘n spreibottel.

Gebruik op linne, jou kussing, en in jou handdoekkas.

 

Ander olies met adaptogeen-eienskappe:

 

Suurlemoen:

Suurlemoen bevorder helder denke – in Japan is ‘n eksperiment gedoen waar tiksters tot 54% minder foute gemaak het toe suurlemoen-olie in die kantoor versprei is.

Suurlemoen help ook baie wanneer jy verward voel.

 

Dié vrolike olie kalmeer emosionele uitbarstings, of verhoed dit selfs.

 

Hospitale

In Engeland word aromaterapie algemeen in hospitale gebruik.

Suurlemoen word gebruik om reuke in kankersale te beheer en depressie en vrees teë te werk .

 

Asma

‘n Interessante kombinasie is Roman chamomile (kalmerend) en suurlemoen (kognitief stimulerend)  wat saam met hisop gebruik word om asma te behandel.

 

Suurlemoenmengsels

Masseermengsel vir hooikoors

 

2 druppels kamille (roman chamomile)

1 druppel malva (rose geranium) 

1 druppel suurlemoen

Meng en gebruik  3–5 druppels op ‘n teelepel (5 mL)

draerolie.


Malva (rose geranium)

Dié olie  is kalmerend, maar terselfdertyd stimuleer dit mense wat depressief voel, om aan die gang te kom.

Die olie word deur Battaglia beskryf as ‘sedative yet uplifting’. Die olie is by uitstek geskik om wisselvallige emosies gekoppel aan hormonale veranderinge te stabiliseer. 

 

Mengsel vir hormoonbalansering

Enige vrou kan baat by die vermenging van malva, roos en palmarosa olies vir 'n merkwaardig vroulike geur wat terselfdertyd jou hele vroulike stelsel balanseer.

 

Meng

2 druppels palmarosa

3 druppels roos

3 druppels malva (rose geranium)  

Gebruik in jou diffuser, of meng op 10ml draerolie.


 

Bronne:

Battaglia, S.

The complete guide to aromatherapy, 2 nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003

P206-207

 

Fischer-Rizzi, S.

Complete Aromatherapy Handbook, English Edition 1990.

Sterling publishing Company Inc. New York USA. pp 118-124.

 

 

Kontak: Carina Falck 060 526 1422

 

Vrywaring

Die gebruik van essensiële olies moet verantwoordelik gedoen word en vervang geen mediese behandeling nie. Dit word op eie risiko gebruik.

 

 

Hartlike groete

Carina Falck

Aromaterapeut

2 views0 comments

Komentar


bottom of page