top of page
  • Carina Falck

Algemene inligting

Updated: May 22





Essensiële olie Is ’n vlugtige substansie verkry uit ’n geurige plant. Dit word verkry deur prosesse soos stoom distillering, of deur plantdele te pars, of deur oplosmiddels te gebruik wat die olies isoleer.

Die konneksie tussen die brein en die reuksintuig

Jou olfaktoriese of reuksintuig se senuwee-eindpunte is direkte in kontak met die buite-wêreld (nie met vel bedek nie) en reageer baie vinnig op insette, soos wanneer jy iets wonderliks of iets slegs ruik en jy dadelik honger of naar voel.

Jou reukstelsel (olfaktoriese stelsel) het 'n kragtige invloed op jou gemoed en jou algemene gevoel van geluk en welsyn.

'n Paar druppels is voldoende om 'n betekenisvolle effek op jou brein te hê, soos om assosiasies en herinneringe op te roep.

Die effek van reuk het kragtige effek op jou sentrale senuwee-stelsel.

Wanneer jy iets ruik, beïnvloed dit jou gemoedstemming, aktiveer jou emosies, en werk spanning teë.

Essensiële olies kan ’n effek op jou hormoonstelsel hê, a.g.v. hulle invloed op jou hipotalamus.

Die olies kan ook die deel van jou brein beïnvloed wat met geheue en leer te doen het.


Gebruiksaanwysings

Voeg 3 tot 6 druppels saam met water in jou diffuser – (Dit hang af van die grootte van bv. jou sitkamer of slaapkamer)

Bederf jouself met 'n warm olie massering draer-olie – 2% mengsel.

· Badwater – 3 tot 5 druppels.


Bron: Battaglia, S.

The complete guide to aromatherapy, 2 nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003 p 22


Kontak: Carina Falck 060 526 1422

Vrywaring

Die gebruik van essensiële olies moet verantwoordelik gedoen word, vervang geen mediese behandeling nie, en word op eie risiko gedoen.


16 views0 comments

Comments


bottom of page