top of page
Carina Falck

Geskiedenis van moderne Aromaterapie

Updated: Nov 16


René-Maurice Gattefossé

Aromaterapie in Frankryk

Die 1800’s

Gedurende die 19de eeu het dit begin duidelik word dat mikro-organismes ‘n baie groot rol in die oorsprong van siekte speel. Teen die laat 1800’s is daar veral in Frankryk besef dat essensiële olies baie sterk anti-mikrobiese  eienskappe het.

 

Tuberkulose

Tuberkulose was in daardie stadium baie algemeen, maar iemand het opgelet dat baie min mense in die streke waar blomme en kruie in Frankryk verbou is, tering gekry het. Om die waarheid te sê -  die werkers wat in hierdie bedryf was, het amper geen respiratories-verwante siektes opgedoen nie.

 

Eerste gedokumenteerde laboratoriumtoetse

In 1887 is die eerste laboratoriumtoetse oor die anti-bakteriële eienskappe van essensiële olies gedokumenteer. 

 

Gattefossé

Die Franse chemikus Gattefossé het die genesingswaarde van  essensiële olies ontdek toe hyself in ‘n laboratorium ernstige brandwonde opgedoen het.

 

Eerstehandse ervaring

Gattefossé het essensiële olies in militêre hospitale begin gebruik, en gedokumenteer dat kopwonde binne 10 dae genees het, ‘n oop beenfraktuur binne 15 dae, en die wond van ‘n geamputeerde been binne 21 dae, nadat geen ander medikasie iets kon uitrig nie.

 

Geen newe-effekte nie

Hy het ook gedokumenteer dat essensiële olies nie die newe-effekte van ander medikasie het nie.

 

Verdere Franse invloed

Die Fransman Albert Couvreur het in  in 1939 ‘n boek oor die medisinale waarde van essensiële olies geskryf. 

 

Dr Jean Valnet

Dr. Valnet was ‘n weermagchirurg en het met groot sukses essensiële olies gedurende die Indo-Chinese oorlog (1948 – 1959) gebruik. Hy het in 1964 ‘n boek met die titel Aromathérapie  geskryf wat aan hom internasionale erkenning verleen het.

 

Valnet skryf as volg (soos aangehaal deur Battaglia)

“Essential oils are especially valuable as antiseptics because of their aggression towards microbial germs and their harmlessness towards tissues – one of the chief defects of chemical antiseptics is that they are likely to be as harmful to the cells of the organism as to the cause of the disease”.

 

Holistiese aromaterapie

Die Oostenryksgebore biochemikus en skoonheidskundige, Marguerite Maury, het die volgende oor essensiële olies gesê (soos aangehaal deur Battaglia).

“The greatest interest is the effect of fragrance on the psyche and mental state of the individual. Powers of perception become clearer and more accurate and there is a feeling of having, to a certain extent, outstripped events. They are seen more objectively, and therefore in truer perspective”

 

‘n Rigtinggewende ontmoeting

Op ‘n skoonheidskonferensie in 1959 ontmoet Micheline Arcier vir Marguerite Maury en as  gevolg daarvan het Micheline Arcier haarself lewenslank aan aromaterapie toegewy. Sy het opleiding by Marguerite Maury en by Jean Valnet ontvang, en van die effektiefste aromaterapie-tegnieke ontwikkel wat steeds gebruik word.

Na 1980 het Aromaterapie in vier hoofvertakkings ontwikkel, nl.

·       Mediese aromaterapie

·       Populêre en esoteriese aromaterapie

·       Holistiese aromaterapie

·       Die wetenskaplike studie van geur.

 

Huidige navorsing

Die navorsing oor aromaterapie het bly toeneem, en op die oomblik is van die bekendste liggame die volgende:

 

Association de l’Aromathérapie en France

Fondation Gattefossé

The Tisserand Institute

 

In Suid-Afrika het ons onder andere ‘The Southern African Essential Oil Producers' Association’ (SAEOPA)

 

Die toekoms van aromaterapie

Alhoewel dit goed is dat die olies chemies ontleed word en sekere eienskappe klinies bewys word, verklaar dit nie die lewende aard van die olies en die interaksie daarvan met die hele mens nie. Essensiële olies ontsluit ‘n komplekse stel reaksies by die individu wat dit gebruik.

Dit is asof die liggaam, verstand en gees reageer. Anders as wanneer jy ‘n tablet vir ‘n hoofpyn neem, reageer jy met ‘n hele stel gewaarwordings op die aroma van ‘n oliemengsel vir hoofpyn.


Ek haal aan Battaglia aan:

“Schnaubelt says there is also a need for new sciences which understand and allow the existence of psychosomatic networks of mind and body.”

“A holistic approach acknowledges that  aromatherapy connects to the phenomena of life much more closely and intimately than conventional medicine”

 

Jy is op die voorpunt

Aromaterapie is op die voorpunt van holistiese geneeskunde – en jy is deel van ‘n opwindende toekoms in alternatiewe gesondheidsorg!

 

Hartlike groete

Carina Falck

 

Kontak: Carina Falck 060 526 1422


Vrywaring

Die gebruik van essensiële olies moet verantwoordelik gedoen word en vervang nie enige mediese behandeling nie. Dit word op eie risiko gebruik.


Bron:

Battaglia, S.

The complete guide to aromatherapy, 2nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003

P11-20.

 

 

 

 


 

 

 


 

2 views0 comments

Recent Posts

See All

Kommentare


bottom of page