top of page
  • Carina Falck

Hoe lyk dit met ’n koppie Earl Grey tee?

Updated: Feb 24




Verbouing van bergamot:

Bergamot is deel van die sitrusgenus en is, soos lemoene en suurlemoene, 'n resultaat van verbouing. Bergamot is 'n waarskynlik ’n verbastering  tussen bitterlemoen en suurlemoen, maar die vrugte is nie regtig eetbaar nie, aangesien dit uiters bitter en suur is. Die essensiële olie word koud gepars uit die skil van die bergamotvrug.

Reggio di Calabria aan die punt van Italië se stewel, is die enigste plek ter wêreld waar bergamotbome werklik suksesvol verbou word.

 

Algemene gebruike:

·Parfuum

Bergamot-olie word baie hoog aangeslaan in die parfuumbedryf, en word in 'n hele paar soorte parfuum gebruik, soos bv. Tom Ford Black Orchid, Yves Saint Laurent Black Opium en Aqua Allegoria Bergamote Calabria deur Guerlain. Jean Paul Gaultier vervaardig Ultra Male en La Belle vir mans en vroue onderskeidelik.

 

·Earl Greytee:

Liefhebbers van hierdie vars sitrusgegeurde tee, is dikwels so entoesiasties daaroor, dat hulle nét dié tee wil drink. Earl Greytee kan gemaak word deur òf die gedroogde skil van die vrug by gewone swart teeblare te voeg, òf van die essensiële olie by die teeblare te voeg.

 

Verkryging van olie:

Koud gepars uit die skil van die amper ryp vrug van Citrus bergamia.

 

Eienskappe van die olie:

·Reuk

Bergamot se reuk is blom-agtig, met ondertone van kruie.

·Tekstuur

Groenerig

Baie vloeibaar

 

Terapeutiese gebruike:

·Spysvertering

Bergamot het 'n opbouende dog kalmerende effek en is baie goed vir diegene wat hul eetlus verloor as gevolg van stres. (Om 'n bietjie Earl Grey-tee te drink na 'n groot maaltyd is eintlik baie nuttig om met spysvertering en winderigheid te help).

 

·Imuunsisteem

’n Mengsel van laventel-, bergamot- en teeboomolies kan gebruik word vir koorsblare.

Kombineer bergamot met jasmyn en ilang ilang, om te help om fisiese krag na siekte te herstel.

 

·Urienwegsisteem

Om urienweginfeksies te help verlig, kan ongeveer 3 druppels olie by 'n bad gevoeg word en as 'n plaaslike wasmiddel gebruik word.

 

·Senuweestelsel:

Bergamot help vir die volgende emosionele toestande:

·Die hantering van onderdrukte woede. Kombineer met laventel. Laventel en bergamot help albei om van opgekropte emosies ontslae te raak.

·Onderdrukte emosies lei dikwels tot depressie, slapeloosheid, skielike buierigheid en angs.

· Bergamot kan ook hartseer help verlig.

· ’n Kombinasie van bergamot, roosmaryn en sitroengras of verbena is geestelik/emosioneel stimulerend, verfrissend en opbouend.

· Dit help om lewensenergie te stimuleer.


Natuurlike voorkeur vir olies:

·Mense met 'n ligter en vreugdevolle benadering tot die lewe hou blykbaar instinktief van bergamot.

·Bergamot-mense is ook dikwels diegene wat omgee, en bedagsaam en vol energie is.

 

Bergamot as brug-olie:

Bergamot is 'n goeie olie om te gebruik as jy 'n olie nodig het vir 'n sekere behandeling, maar nie regtig van die reuk hou nie. Dit sal byvoorbeeld sipres, frankincense en den verdoesel tot ‘n aanvaarbare reuk indien jy nie van dié olies hou nie.

 

Bronne:

Battaglia, S.

The complete guide to aromatherapy, 2 nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003

P261-262

 

Fischer-Rizzi, S.

Complete Aromatherapy Handbook, English Edition 1990.

Sterling publishing Company Inc. New York USA. pp 70 - 76.

 

Vrywaring:

Die gebruik van essensiële olies moet verantwoordelik gedoen word, en vervang nie enige mediese behandeling nie. Jy gebruik dit op jou eie risiko.

 

10 views0 comments
bottom of page