Holistiese gesondheid
Die kern van die begrip Holistiese gesondheid, is dat gesondheid meer is as die afwesigheid van siekte. Dit behels ‘n dieper welstand van liggaam, siel en gees. Dié drie komponente is onafskeidbaar van mekaar, en beïnvloed mekaar se gesondheid.
Die idee kan ook insluit dat die pasiënt binne ‘n sosiale sisteem funksioneer, en dat dié stelsel ook gesond moet wees.
Daar is tans baie vrae oor
- medikasie met baie newe-effekte
- die onderdrukking van simptome met medikasie
- te min aandag aan die oorsaak van die probleem (bv. hoekom chroniese spanning of depressie teenwoordig is)
‘n Belangrike beginsel is verder dat dit net so belangrik is wie siek is, as wat hy of sy makeer.
Die vraag of jy bereid is om dit wat jou siek maak, prys te gee, kan ook gevra word.
Ons fokus
Terapeute, praktisyns en dokters in komplimentêre of alternatiewe geneeskunde, fokus op behandeling van die hele mens. Die uitgangspunt is dat veral emosies wat uit balans is, ‘n rimpel-effek op ‘n mens se gesondheid het.
Langer konsultasies
In hierdie velde sal jy vind dat ’n konsultasie ‘n uur of meer duur, en dat die praktisyn werklik na jou luister om te probeer bepaal hoekom jy nie gesond is nie. Dit is vir ons net so belangrik om te weet dat jou werkgewer ‘n boelie is, as dat jy spanningshoofpyn het.
Voorbeeld
Die eenvoudigste manier om dit te beskryf, is dat aanhoudende spanning uiteindelik ‘n maagseer sal veroorsaak. Net so sal jare van verbittering, aanhoudende woede-uitbarstings en aanhoudende skuldgevoelens ook uiteindelik ‘n medies-aanduibare toestand veroorsaak.
Balans
Komplimentêre of alternatiewe geneeskunde poog veral om emosionele balans teweeg te bring, sodat siekte voorkom kan word.
Bekendste komplimentêre of alternatiewe velde
Die bekendste twee komplimentêre dissiplines is Aromaterapie en Homeopatie.
Aromaterapie
In Aromaterapie word die chemie van geurige plante gebruik om die deel van die brein te bereik waar leer, geheue, emosies en die hormonale stelsel is. Deur bv. te veel woede en frustrasie te behandel, kry die liggaam die kans om self sy balans te herstel, in plaas van daaraan uiting te gee in ‘n hartaanval.
Homeopatie
In homeopatie word minuskule hoeveelhede van ‘n natuurlike komponent wat bv. blaasinfeksie sou veroorsaak, gebruik om die liggaam te stimuleer om self weerstand daarteen op te bou.
Kwalifikasies
Aromaterapeute word deur kolleges opgelei en kan by IAOTH registreer (International Association of Therapists).
Homeopate word by die Durban University of Technology opgelei en registreer by die Allied Health Professions Council of South Africa.
Mediese wetenskap en komplimentêre of alternatiewe geneeskunde
Oud
Sommige vorme van komplimentêre genesing is so oud soos die mensdom self. Van so vroeg as wat daar rekords van mense is, so vroeg is daar mondelinge en skriftelike oordrag van kennis oor veral plante wat met siekte help.
Bygelowe en wetenskap
Die vorme van behandeling is ook dikwels bevraagteken, en as onsin beskou. Sommige beskuldigings was gegrond en sommige behandelings was bloot bygelowe, maar ander het die toets van die tyd deurstaan.
Ons leef nou in ‘n wonderlike tyd waar wetenskaplike navorsing ingespan kan word om eeue-oue aansprake reg of verkeerd te bewys.
Aanvullend tot hoofstroom-geneeskunde
Komplimentêre of alternatiewe geneeskunde se fokus is nie om die mediese veld te kritiseer en verkleineer nie, maar om te poog om aan die welstand van die hele mens aandag te gee, sodat ingrypende mediese medikasie in ten minste party gevalle voorkom kan word.
Deurslaggewende faktore in komplimentêre of alternatiewe geneeskunde
Die volgende is baie belangrik wanneer jy van komplimentêre of alternatiewe geneeskunde wil gebruik maak:
Absolute eerlikheid metjouself en jou terapeut
As jy minderwaardig voel, aangerand is, wrokke koester, of die lewe vrees, erken dit en noem dit aan jou terapeut.
Hoekom is dit belangrik?
Elkeen van hierdie emosies laat sekere hormone in jou liggaam afskei, en wanneer dit te lank aanhou, word jy siek.
Geduld en moeite
Holistiese gesondheid verg gewoonlik ‘n leefstylverandering. Jy het nie oornag ‘n maagseer ontwikkel nie, en dit kan tyd neem om jou spanningsvlakke te verminder. Alhoewel essensiële olies binne 20 minute reeds verligting van bv. spanning kan bring, moet jy ook die moeite doen om aan die leefstyl en die geskiedenis te werk wat die spanning veroorsaak.
Volhoubaarheid
Holistiese gesondheid neem tyd en toewyding en ‘n leefstylverandering. As jy een verandering baasgeraak het, kan jy die volgende een takel....
Wat kan deur Aromaterapie behandel word?
Rumatiek, spanning, paniek, geswelde voete, ‘n intense rouproses, fokus- en aandagprobleme, depressie, spierpyne, slapeloosheid, blaasinfeksies, post-traumatiese stress - noem maar op.
Aromaterapie is by uitstek goed vir die emosionele redes onderliggend aan siekte. Baie (die meeste) olies is natuurlik ook uitstekend vir die behandeling van infeksie, wonde, ontsteking, velprobleme, en meer.
Wees deel van die toekoms - leef essensieel anders!
Comments