top of page
  • Carina Falck

Marjolein - meer as wat jy gedink het...


Marjolein Essensiële Olie

(English – Marjoram)

(Origanum majorana)


Nou hier is 'n krui waaroor ek baie opgewonde kan raak! Dit het enorme waarde in beide die kombuis en die medisynekas.


Die botaniese naam Origanum is afgelei van die Griekse woorde 'oros' (berg) en 'ganus' (vreugde/helderheid), dus 'vreugde van die berge'. Dit verwys na die kleur en die geur van die blomme en blare, asook die heuwels waarvandaan hulle oorspronklik kom.

Die plant is inheems aan die Mediterreense streek en word in Frankryk, Tunisië, Marokko, Italië, Hongarye, Bulgarye, Pole, Duitsland en Turkye gekweek.


Gebruike in die kombuis:

As 'n krui het marjolein ’n sagter reuk en smaak as origanum. Dit het ook 'n effense sitrusgeur. Die geur is meer delikaat en blomagtig as dié van origanum. Dit word met goeie rede soms 'soet marjolein' genoem.

Dit pas baie goed by vleis en is besonder smaaklik saam met vis. Tamatiegeregte, sampioene, kaassouse, groenbone en slaaisouse word alles deur marjolein gekomplimenteer.

Aangesien marjolein goed die Middellandse Seestreek groei, sal dit natuurlik goed by Italiaanse kos pas.


Nou die medisinale deel.

Hierdie olie is uiters nuttig in tye van rou en eensaamheid. Baie mense het tydens Covid 'n tyd van rou deurgemaak en marjolein baie nuttig gevind, maar daar is natuurlik baie vorme van rouprosesse - die verlies aan gesondheid, die verlies van verhoudings, die verlies van 'n troeteldier, om uit 'n geliefde gesinshuis te moet trek, en soveel meer...


Essensiële marjoleinolie kan ook met die volgende help:

Die olie is bekend daarvoor dat dit die behoefte aan seksuele kontak te verminder en kan nuttig wees in tye van ongevraagde selibaatskap. Wees net bedag daarop om nie te veel te gebruik nie, aangesien die oormatige gebruik van die olie 'n vermindering aan sintuiglike waarneming kan veroorsaak. Davis soos aangehaal deur Battaglia waarsku dat dit normale seksuele reaksie kan verminder.

Wat die spysverteringstelsel betref, versterk die olie die peristaltiese bewegings van die ingewande, en is nuttig vir winderigheid en die verligting van hardlywigheid.

As dit in 'n masseerolie gebruik word, is dit verwarmend, en sal dus help met spierspasmas, en rumatiese pyn.


Ek dink die waarde van marjolein kan nie oorskat word wat die senuweestelsel betref nie.

Marjolein versterk en ontspan die senuwees en word sterk aanbeveel vir toestande waar moegheid afgewissel word met senuweespanning. Die essensiële olie help ook as senuweespanning tot slapeloosheid lei.


Volgens Tisserand soos aangehaal deur Battaglia, stimuleer marjolein die parasimpatiese senuweestelsel (dit kan opgesom word as die rus- en verteringstelsels) en verlaag die outonome senuweestelsel se funksie (die veg-en-vlug-reaksies).


Energie-gewys kan marjolein help om obsessiewe denke te kalmeer, om emosionele honger te verlig, en help om die kapasiteit vir selfliefde en koestering te ontwikkel. Marjolein word dikwels baie geliefd onder diegene wat maklik troos aan ander bied.


Marjolein meng goed met laventel, neroli, kamille, sitrusolies, malva en sandelhout.


Bron:

Battaglia, S.

The complete guide to aromatherapy, 2 nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003.

P228-230.


Disclaimer

The use of essential oils must be done responsibly and does not replace any medical treatment. It is used at your own risk.




4 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page