top of page
  • Carina Falck

Ylang ylang - sonlig in ’n botteltjie

Updated: May 1


Die reuk van hoop

As jy al ooit gewonder het hoe hoop ruik, maak 'n bottel Ilang ilang essensiële olie oop en laat die geur van warm sonskyn verweef met yl strepies maanlig, jou omvou.

As jy jou oë toemaak, sal hierdie diep kalmerende olie jou binne sekondes van somberheid tot ekstase meevoer en jy 'n metgesel mis om jou aand mee te deel.


n Bekende in die parfuumwêreld

Gepars uit die blomme van die Ylang ylangboom inheems aan die Filippyne, word hierdie ryk olie gebruik in die voorbereiding van sommige van jou gunsteling parfuums soos 24 Faubourg Hermès, en Paco Rabanne Pure XS For Her.


Sensualiteit en genesing vir die hart van ’n vrou

Afgesien daarvan dat die olie sensualiteit aanwakker, beloof die olie ook om die gees te kalmeer, 'n seer vroulike hart te genees en hormone te balanseer.


Veelsydige olie

Ilang ilang (hierdie dubbele naam beteken blom van blomme) help jou met die volgende:

• Verlig depressie.

• Kom tot jou hulp as jy 'n paniekaanval kry.

• Verdryf vrees.

• Kalmeer vinnige asemhaling wanneer jy baie gespanne is.

• Dit sal 'n diep kalmte inboesem wanneer jy oorweldig voel.

• Ylang ylang verlaag hoë bloeddruk.

• Kalmeer hartspoed tydens paniekaanvalle.


Vir mans en vroue.


Die vrou wat haarself nie toelaat om te lewe nie en geneig is om vaal aan te trek en haar inherente vroulike skoonheid ignoreer, vind Ylang ylang nuttig. Vroue met emosies soos onderdrukte woede en frustrasie sal baie baat by hierdie olie.


Mans wat te krities op hulself is, sal baat vind by 'n mengsel van Ylang ylang, Soetlemoen, Bergamot of Sandelhout. Oor die algemeen vind mans die aroma te soet, daarom sal een druppel in 'n mengsel voldoende wees.


Beproefde kombinasies

Ylang ylang meng goed met bergamot, laventel, suurlemoen, neroli, lemoen, patchouli, roos, palissander en sandelhout.


Onderdrukte woede en frustrasie by vroue:

3 druppels Roman chamomile

2 druppels Ylang ylang

3 druppels Rose Geranium

2 druppels Laventel


Dit gee 'n totaal van 10 druppels wat op 15ml draer-olie gemeng kan word.


Bronne:

Ranger, H.

Everybody's Aromatherapy. A Comprehensive Guide for all Ages Tafelberg Kaapstad, 2001

P39, 103


Battaglia, S.

The Complete Guide to Aromatherapy, 2 nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003

P277-278.



6 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page