top of page
  • Carina Falck

Bloekom essensiële olie

Updated: Jun 13, 2023

Vir baie van ons is die reuk van bloekomolie die gerusstellende reuk van Vicks Vapo Rub in die winter wanneer ons verkoue het.


Die olie het ’n skoon en verfrissende reuk, en word dikwels gebruik om ’n toe bors mee oop te trek. Die olie onderdruk ook hoesbuie, verminder slym op in die longe, en verbeter asemhaling.


Net soos die ander twee Australiese bome – ‘Tea tree’ en ‘niaouli’, is bloekomolie baie nuttig om klein wonde, snye, blase mee te behandel.


Al neig ons om bloekomolie te sien as ’n olie om saans te gebruik om asemhaling en rus te verbeter, is dit interessant dat hierdie ekonomiese en nederige olie ook baie goed werk om die lug te suiwer waar daar konflik was. Dit is asof sy energie die lug suiwer.


Die vars reuk moedig ons aan om nuwe moontlikhede te ondersoek, help ons om ontslae te raak van vae gevoelens van hartseer, en moedig positiwiteit aan.



Natuurlike aangetrokkenheid.

Mense wat vasgevang voel in situasies hoe van bloekom. Dit wil voorkom asof dit mense help wat te versigtig is, baie diep in ou gewoontes vasgevang is, bang is om te waag en wat te veel verantwoordelikheid neem.



Wanneer ons ophou om aan bloekomolie te dink as ’n olie vir slegs verkoue en griep in die winter, kan jy dalk net ’n hele nuwe dimensie in hierdie bekostigbare en betroubare olie ontdek.




5 views0 comments
bottom of page