top of page
  • Carina Falck

Eina! my hande pyn!



Ek kry heelwat navrae oor essensiële olie vir artritis. Dit is ’n komplekse toestand wat in baie vorme voorkom, en is'n gewrigstoestand wat ontsteking in een of meer gewrigte behels, en normaalweg pynlik is.

Die toestand word in holistiese geneeskunde beskou as iets waarvoor daar ook heelwat leefstylveranderinge gemaak moet word.

Ons wil egter beklemtoon dat dit nie die enigste rede vir artritis kan wees nie – dit is regtig baie kompleks en ons wil nie ander mediese navorsing hieroor enigsins kritiseer nie. Holistiese geneeskunde leun baie sterk op die waarneming van mense oor lang tydperke, en probeer altyd die profiel van die persoon as geheel vir diagnose gebruik.

Hier is ’n paar sinne uit ’n artikel oor ’n holistiese benadering tot artritis.

The emotions associated with arthritis are usually unexpressed anger, resentment, aggression, criticism (of self and others), lack of support, and fear. Experts suggest that one reason women are afflicted with R.A. four times more frequently than men is that women are taught from early childhood not to express anger. https://www.drnorthrup.com/heal-arthritis-release-fear-anger/

Meer as een artikel verwys na die emosionele oorsaak van artritis as baie kritiek op jou self en ander. Artritis-lyers, kan dalk probeer om meer genade met hulleself en ander te hê! Kry hulp hiervoor as jy sukkel.

Leefstyl:

Mense kon ook natuurlik hulle liggame oor jare met kosse oorlaai het, en gedragspatrone, asook gedagtes wat inflammasie veroorsaak, gekoester het.

Verbeterde voeding sluit in:

Sny kosse om die beurt uit, bv. vleis, melk, brood, om te kyk of dit help.

Baie vars kos, veral groen groente en vis,

Maak seker jou spysvertering werk goed.

Verminder rooivleis, alkohol, suiker en geprosesseerde kos, en wit meel.


Die volgende olies word vir hierdie toestand aanbeveel, maar raadpleeg ook jou dokter of ’n rumatoloog.

Essensiële olies:

Black Pepper, Chamomile, Eucalyptus, Fennel, Juniper berry, Lemon, Lavender, Marjoram Rosemary, Thyme.

Al hierdie olies het ’n detoksifiserende effek, en daar word aanbeveel dat hulle deur ’n massering aangewend word vir behandeling van artritis.

Hoe jy enige siekte of toestand takel, hang van jouself af. Daar is gewone medikasie, verskillende soorte dokters, sielkunde, alternatiewe of holistiese genesing, voeding ens.

Baie mense probeer ’n kombinasie van bogenoemde.


Die olies hierbo genoem se emosionele effekte sluit onder andere die volgende in:

Anti-inflammatories, kalmerend, verwarmend. Verbeter emosionele vasgelopenheid, opkrop van gevoelens, ’n streng, kwaai geaardheid en vreesagtigheid. Verbeter obsessiewe gedagtes, knorrigheid en ongeduld. Verbeter spanning wat spysvertering affekteer. Bevorder helder denke, en verlig depressie. Vir mense wat emosioneel ingeperk voel.

Dink maar hieroor, en kyk na mense met artirtis - sien jy dalk algemene eienskappe wat hulle deel?....


Bronne:

Battaglia, S. The complete guide to aromatherapy, 2 nd edition.The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003, pp 171, 172, 182, 183, 193, 194, 195, 200, 201, 215, 216, 217, 218, 221, 222, 228, 229, 257, 258, 259, 430, 431,432.


Healing hands Aromatherapy Course, Healing Hand Massage Academy Pty Ltd, p 26.


Vrywaring

Die gebruik van essensiële olies moet verantwoordelik gedoen word,vervang geen mediese behandeling nie, en word op eie risiko gedoen.

4 views0 comments

Recent Posts

See All

Stress

bottom of page