top of page
  • Carina Falck

Roosmaryn

Updated: Nov 25, 2022





Roosmaryn


Rosemary (Rosmarinus officinalis)

Algemeen


Vrywaring

Die gebruik van essensiële olies moet verantwoordelik gedoen word,vervang geen mediese behandeling nie, en word op eie risiko gedoen.


Wat is essensiële olie?

Essensiële olie is ’n vlugtige materiaal/substansie verkry uit ’n geurige plant deur prosesse soos stoomdistellering, of deur plantdele te pars, of deur oplosmiddels te gebruik wat die olies baie sagkens isoleer.


Gebruiksaanwysings

Diffuser – 3 tot 6 druppels in water.

Masseer met draer-olie – 2% mengsel.

Badwater – 3 tot 5 druppels in bad.


Roosmaryn/Rosemary (Rosmarinus officinalis)

Terapeutiese aksies

Pynstiller, anti-depressant, spysvertering, breinstimulant – verhelder denke, gee energieke gevoel, versterk senuweestelsel, verwarm die stelsel, verbeter bloedsomloop, algemene tonikum.


Kardiovaskulêr

Harttonikum, kan bloeddruk verhoog, verbeter hartkloppings.


Spysvertering

Verbeter lewerfunksie.

Verbeter opgeblasenheid.


Spier-en Skeletstelsel

Rumatiek, artritis, stywe spiere.



Senuweestelsel

Bekend vir stimulerende effek op die sentrale senustelsel, breinstimulant, verbeter konsentrasie, verbeter hoofpyn.


Asemhalingstelsel

Bronchitis, asma, sinusitis.


Velsorg

Word baie algemeen in haarsorgprodukte gebruik. Stimuleer haargroei.


Energie

Een van die waardevolste olies om lewensenergie te stimuleer.


Persoonlikheidsprofiel – wie hou tipies van Roosmaryn ?

Jonk van gees, verbeeldingryk, gelukkig, sensitief, vasbeslote.

Hou van sekuriteit in die lewe, sowel as in hulle liefdeslewe.

Hulle leef hulleself goed uit wanneer hulle veilig voel.

Leef vinnig en energiek.

Kan meer as een ding gelyk doen.

Hou van ’n uitdaging en stel hoë standaarde aan hulleself.



Subtiele energie

Beskerm die psige – gebruik roosmaryn soggens voor jy die dag aanpak.


Veiligheid

Roosmaryn is nie-toksies, nie-irriterend

Vermy gedurende swangerskap en met hoë bloeddruk en epilepsie


Bron:Battaglia, S. The complete guide to aromatherapy.2 nd edition.

The International Centre of Holistic Aromatherapy, Brisbane, Australia, 2003, p 257 - 259





8 views0 comments
bottom of page