top of page
  • Carina Falck

Die wonderwêreld van reuk

Updated: Oct 2, 2022



Jy ruik dit voor jy dit sien – koffie, jou man se naskeermiddel, jou kind se hare, gesnyde gras. Dié reuke raak jou emosioneel vinniger aan as wat dit verwoord kan word. Binne breukdele van sekondes is jy bly, nostalgies of hartseer. Reuk beïnvloed ons eet-ervaring en die seksuele aantrekkingskrag tussen mense. Ons reuksintuig waarsku ons teen gevare soos bedorwe kos of gevaarlike gasse.

Mense wat kla dat hulle nie kan proe nie, kan eintlik nie ruik nie – iets wat baie mense na lugweginfeksies ervaar. ’n Klein persentasie mense is anosmies - wat beteken dat hulle nie kan ruik nie – en mis baie van die vreugdes van die lewe.


Hoe werk reuk?

Hier is ’n baie vereenvoudigde verduideliking: Wanneer ons iets ruik, werk ons neus en brein saam om sin te maak uit die honderde onsigbare molekules wat in die lug aanwesig is. Die olfaktoriese neurone aan die binnekant van jou neus stuur boodskappe na die olfaktoriese bol aan die voorkant van die brein, en hierdie boodskappe word weer na ander dele van die brein gestuur. Die dele van die brein wat hierdie boodskappe ontvang, het ook ander take, soos om herinneringe te stoor, of emosies op te wek. Dit is hoekom reuke ou herinneringe kan oproep, of sterk emosies kan veroorsaak.


Hoe pas die wonderwêreld van essensiële olies hierby in?

Die mensdom en die aarde kreun onder verskeie vorme van spanning. Die mens smag na innerlike vrede, troos, vreugde en psigiese herstel. Die aarde roep uit om verligting weens die druk van besoedeling en chemiese komponente wat in ons grond en water beland. Soos ons in ons reeks artikels sal sien, is essensiële/eteriese/vlugtige* olies een van die natuur se geskenke aan ons in dié verband.



Vrywaring: Hierdie artikels is nie bedoel om enige bevestigde mediese toestand te diagnoseer of te behandel, of bestaande medikasie te vervang nie.










8 views0 comments

Comments


bottom of page