In Aromaterapie word die chemie van geurige plante gebruik om die deel van die brein te bereik waar leer, geheue, emosies en die hormonale stelsel is.
Deur bv. te veel woede en frustrasie te behandel, kry die liggaam die kans om self sy balans te herstel, in plaas van daaraan uiting te gee in ‘n hartaanval.
In homeopatie word minuskule hoeveelhede van ‘n natuurlike komponent wat bv. blaasinfeksie sou veroorsaak, gebruik om die liggaam te stimuleer om self weerstand daarteen op te bou.
Kwalifikasies
Aromaterapeute word deur kolleges opgelei en kan by IAOTH registreer (International Association of Therapists).
Homeopate word by die Durban University of Technology opgelei en registreer by die Allied Health Professions Council of South Africa.
Wat kan deur Aromaterapie behandel word?
Rumatiek, spanning, paniek, geswelde voete, ‘n intense rouproses, fokus- en aandagprobleme, depressie, spierpyne, slapeloosheid, blaasinfeksies, post-traumatiese stress - noem maar op.
Belangrik:
Aromaterapie is by uitstek goed vir die emosionele redes onderliggend aan siekte.
Om chroniese spanning te behandel, verhoed dus moontlik hartprobleme, maagsuur, depressie, ens.
Baie (die meeste) olies is natuurlik ook uitstekend vir die behandeling van infeksie, wonde, ontsteking, velprobleme, en meer.
Maak ‘n afspraak en begin jou pad na ‘n leefstylverandering!
Groete
Carina Falck
Aromaterapeut
060 526 1422
Comments